AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Grondgesondheid gaan oor meer as net grondvrugbaarheid

akkreditasie
Grondgesondheid is 'n relatief nuwe konsep wat handel oor die integrasie en verbetering van die chemiese, fisiese en biologiese prosesse in die grond wat belangrik is vir volgehoue produksie en omgewingsgehalte.

Grondgesondheid word daarom omskryf as die vermoë van grond om voortdurend as 'n lewende stelsel in ekostelsel- en grondgebruiksgrense te funksioneer, om biologiese produksie, lug- en watergehalte te onderhou of te verbeter en plant-, diere- en menslike gesondheid te bevorder (Karlen et al., 1997).

Figuur 1: Komponente van grondgesondheid

In die verlede is die belangrikheid van grondchemiese en –fisiese eienskappe goed deur die landbougemeenskap aanvaar. Die besef het egter eers onlangs posgevat dat dit belangrik is om die grond se biologiese prosesse te verstaan en te bestuur en talle produsente maak nou goeie vordering met die evaluering en bestuur van die grond se biologiese funksionering.

Grondgesondheid kan nie direk gemeet word nie, aangesien dit 'n wye, integrerende, konteks-afhanklike konsep is. Aangesien grondgesondheid deur verskeie fisiese, chemiese en biologiese aanwysers bepaal word, asook die sterk interaksie tussen hierdie komponente, (dit wil sê biofisiese, biochemiese en fisikochemies) kan verskeie grondgesondheidsaanwysers gebruik word om die grondgesondheidstatus te evalueer.

Wat is grondgesondheidsaanwysers?

Grondgesondheidsaanwysers is sleutel parameters wat spesifiek op die drie afsonderlike hooffaktore van toepassing is (fisies, chemies en biologies), en saam leidrade gee oor hoe die grond funksioneer wanneer dit van een of meer grondgebruiksperspektiewe af gesien word.

Hierdie aanwysers moet maklik meetbaar, reproduseerbaar en sensitief genoeg wees om veranderings in grondfunksie as gevolg van antropogeniese agteruitgang op te tel. Grondgesondheidsaanwysers kan kwantitatief (bv. die infiltrasietempo is 25 mm/uur) of kwalitatief/beskrywend (bv. dreinering is vinnig) wees. Figuur 2 toon 'n grafiese voorstelling van die vyf noodsaaklike grondfunksies en die grondgesondheidsaanwysers daaraan verbonde.

Figuur 2: Grafiese voorstelling van die vyf noodsaaklike grondfunksies en die grondgesondheidsaanwysers wat daarmee verband hou.

Waarom moet grondgesondheid evalueer word?

Gronde verskil natuurlik in hul vermoë om te funksioneer; daarom is grondgesondheid spesifiek vir elke grondsoort. Grondgesondheid word hoofsaaklik evalueer om die invloed van bestuurspraktyke op grondfunksie te meet met die doel om grondgesondheid in stand te hou of te verbeter. Die twee hoofredes waarom grondgesondheid gemeet word, kan dus as volg beskryf word:

a. Evaluering as 'n moniteringshulpmiddel
Wanneer grondgesondheid oor tyd evalueer word, kan dit 'n aanduiding gee oor die volhoubaarheid van huidige bestuurspraktyke. Grondaanwysers wat oor tyd agteruitgaan, stuur 'n boodskap dat sekere aspekte van die bestuurspraktyke heroorweeg behoort te word (Figuur 3).

Figuur 3: Moontlik tydsgekoppelde neigings in dinamiese grondgesondheidevaluasies.

b. Evaluering as bestuurshulpmiddel
Grondgesondheidevaluasies kan gebruik word om die gevolge van verskillende bestuurspraktyke op soortgelyke gronde of lande te vergelyk (Figuur 4).

Dit kan, byvoorbeeld, gebruik word om die gevolge van verskillende bewerkingspraktyke (soos konvensionele bewerking teenoor bewaringsbewerking) te ondersoek voordat die nodige hulpbronne werklik aan die verandering toegesê word.

Figuur 4: Grondgesondheidevaluasies om die invloed van verskillende bestuurspraktyke op soortgelyke gronde of lande te vergelyk.

Gevolgtrekking

Die eienskappe wat in 'n gesonde grond waargeneem word sal van plek tot plek verskil, afhangend van grondsoort, bestuursgeskiedenis, die landboukundige produksiestelsel en klimaat. Derhalwe is dit belangrik om grondgesondheidevaluasies oor tyd en op dieselfde plek uit te voer.

Resultate wat uit die eerste evaluasie verkry word, dien as 'n basislyn waarteen toekomstige evaluasies vergelyk kan word en dit sal inligting verskaf oor die neiging of rigting van sekere grondeienskappe. Deur hierdie grondeienskappe in stand te hou en bo die beginwaarde of kritiese waardes te verbeter, is noodsaaklik om die algehele grondgesondheid te behou/verbeter.

* Omnia se kundiges deel hul kennis op die plaas en nou is dit ook net 'n kliek ver. Kliek op Landbou.com/kunsmis om deel te wees hiervan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.88
+1.2%
Rand - Pond
22.14
+0.7%
Rand - Euro
19.52
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.97
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
977.66
+0.9%
Palladium
1,479.13
+2.1%
Goud
1,969.96
+0.3%
Silwer
23.58
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,070
+0.3%
Alle aandele
76,679
+0.3%
Hulpbronne 10
67,394
+1.1%
Industriële 25
103,279
-0.0%
Finansiële 15
15,623
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot