Die drankverbod tydens die Covid-19-inperking het die wynbedryf soos 'n voorhamer getref. Nou is dit tyd om vorentoe te kyk, maar hoe lank is die herstelpad? Landbouweekblad en Standard Bank ondersoek alternatiewe opsies met wyndruiwe, gesels oor praktiese planne met kelderspasie, soek moontlikhede om verkope hier én oorsee 'n hupstoot te gee, kyk na prystendense en gee raad oor hoe om jou finansies deur dié krisis te bestuur.