Prof. Jacquie van der Waals deel haar kennis oor die simptome, epidemilogie en bestuur van vroeëroes en malroes op aartappels. Prof. Martin Steynpraat oor die beginsels van waterbestuur by aartappels.
Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, vroeë identifisering van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke.