'n Noord-Kaapse boeredag oor die wortelgesondheid van wingerde. Landbouweekblad en Charl Baard Landbouprodukte het 'n Noord-Kaapse boeredag aangebied oor die wortelgesondheid van wingerd en watter aksies geneem kan word om wortels so gesond moontlik te hou.
Ons het na verskillende video's oor dekgewasse gekyk en ook die kameras geneem na profielgate om te kyk wat onder die grond aangaan. Dr. Ronel Hendriks, me. Sheila Storey en dr. Johann Strauss het hul kennis en ervaring tydens die webinaar gedeel.