Jon MacKenzie van Malvern Farms by Harding in KwaZulu-Natal is ’n voormalige wenner van NCT se Boomboer van die Jaar-kompetisie. Hy het 'n puik, gediversifiseerde boerdery (bosbou, avokado’s en beeste). Daar is baie risiko’s verbonde aan ’n lewe in die landboubedryf, maar hulle gaan aanhou “gooi”, sê Jon.
Hy het ’n BCom-graad verwerf nadat hy op ’n plaas by Ixopo as die sesde kind van sewe grootgeword het. Hy het as bosboukontrakteur begin werk, en het Malvern in 2007 gekoop. Hy glo vas aan ’n toekoms in Suid-Afrika vir sy kinders én kleinkinders.