Jean-Pierre de Villiers boer op die plaas Goedemoed in die Keisievallei naby Montagu. Dit was sy besluit om die norm te bevraagteken en oplossings te probeer vind – selfs al moes hy dit dan self doen – vir ’n boerdery wat ná jare van dinge “volgens die boek doen”, net nie meer sy volle potensiaal bereik het nie. JP het na herlewingslandboupraktykte oorgeskakel en sy boerdery het ’n omwenteling ondergaan. Sy beste raad aan ander boere is om twee keer te dink voor hulle na chemiese metodes kyk om probleme op te los. Hy boer met pruime, appelkose, skape en wingerd.
Dié boer 'bevraagteken die norm' met groot sukses
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tweede episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.