Andrew Morphew is ’n voormalige wenner van die Melkprodusente-organisasie en Nedbank se eerbewys vir rentmeesterskap. Dit was sy visie om ’n konvensionele boerdery om te skakel in een wat 100% organies is, wat van hom ’n leierboer op sy gebied maak. Hy het in 2013 heeltyds by sy pa, Peter, en die Morphew-familieboerdery naby Howick in KwaZulu-Natal aangesluit. Op Colbourne in die Karkloofvallei gaan dit oor lewe: die lewe in die grond, die lewe van die diere op die plaas en die lewe van die mense wat daar werk. En dit gaan daaroor om daardie lewens te verbeter.
Dié boerdery wil lewens verbeter
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vyfde episode van reeks 19 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.