Hulle het nederig begin, maar oor meer as drie dekades het Foundation Jersey, naby Weenen in KwaZulu-Natal, gegroei tot ’n bekroonde boerdery wat al as die LNR se Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys is. Alan en Frances Webster is die stigters, en hul storie is ’n suksesverhaal wat inspirerend is. Die egpaar het lank geraap en geskraap om geld vir ’n melkboerdery bymekaar te maak. Hulle het 37 ha grond gekoop, asook ’n kernkudde van 20 Jersey-koeie. Hulle hoop hul verhaal, van klein begin tot groot sukses, dien as aansporing vir ander boere wat steeds aan ’n droom bly glo.
Dié boere is inspirasie vir ander wat klein begin
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sesde episode van reeks 19 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai. Foundation