
Landbouweekliks kuier by Tom van Rooyen buite Potchefstroom. Hy is die vierde geslag op die plaas en boer met mielies, sonneblom en droëbone in ’n wisselboustelsel, alles op droëland. Ons lê ook besoek af by Dawie en Danie Bester, ’n pa-en-seun-boerderyspan van Balfour wat al 17 jaar lank saam boer. Hulle verbou hoofsaaklik mielies en sojabone.