Die Suidoos-Vrystaat is bekend om sy geharde
veeboere. Jaco Burger, die provinsie se Jongboer van die Jaar 2022, is een van hulle.
Jaco het ’n passie vir die boerdery en sy diere en ’n benadering wat geskoei is op toewyding en goeie verhoudings met werkers en medeboere.
Hy het sy Dohne-Merino-stoetery JL Trinity in 2017 geregistreer en boer op die plaas Eureka naby Wepener.
Vir hom is boerdery ’n hoeksteen van die welstand van nie net die provinsie nie, maar ook van Suid-Afrika – en hy is daagliks dankbaar om deel van die bedryf te wees.