AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

‘Dieper is beter met mielieplant’

akkreditasie
Boere soek dikwels die probleem van ’n swak mielieoes op die verkeerde plek. Die skuld word gewoonlik op die saad, bemesting of plaagbestryding gepak. ’n Lae opbrengs kan dikwels na té vlak plant teruggespeur word. ’n Deurwinterde landboukundige gee raad.

Daar is min dinge so frustrerend vir ’n saaiboer as om maande lank pligsgetrou vir sy mielies te sorg met die verwagting dat hy ’n goeie opbrengs gaan kry, net om later uit te vind daar gaan dadels van kom.

Mnr. Fanie Yssel, tegniese bestuurder van akkerbou by Klein Karoo Saadbemarking, sê mielieboere ondervind soms dat die koppe terugtrek; met ander woorde daar is nie pitte op die punt van die mieliekop nie. Die gebruiklike verklaring is gewoonlik dat die mielies dors gely het of dat die boer ’n fout met sy bemesting gemaak het.

Dis nie noodwendig die oorsaak nie. Fanie sê om die antwoord uit te pluis, moet ’n mens verstaan hoe ’n mielie groei. Nadat die pit ontkiem het, is die eerste wortel wat uitkom, die radikale wortel wat die mielieplant in die grond anker.

Daarna volg die seminale wortels wat dadelik voedingstowwe uit die grond aan die plant voorsien, en die koleoptiel (die sagte skede wat die groeipunt en embrionale blaartjies bedek). Sodra die mielieplant sy kop bokant die grond uitsteek en begin fotosinteer, verdun die mesokoptiel (tussen die pit en die nodale wortels) en “maak toe soos ’n naelstring”.

Dan is die nodale wortels die hoofwortels wat die plant kos gee. Die verskillende dele van ’n jong mielieplant is sigbaar op foto 2.

Vuurhoutjiedosie diep

Fanie sê dit blyk dat boere soms te vlak plant, wat uiteindelik tot die probleem met die terugtrek van koppe lei. Navorsing daaroor is reeds in Amerika gedoen en Fanie het met sy eie navorsing oor plantdiepte in Suid-Afrika begin. Die algemene opvatting is dat 5 cm die ideale plantdiepte vir mielies is; so diep soos ’n vuurhoutjiedosie wat op sy lengte gedraai is.

Hy wou vasstel of dit die regte plantdiepte is. Gevolglik het hy plantdieptes van 2 cm, 4 cm, 6 cm en 8 cm beoordeel in herhalings van vier rye elk; in dieselfde toestande soos grondtipe en voginhoud. Die proewe is in verskillende distrikte in Noordwes uitgevoer.

Die eerste proef was op die plaas van mnr. Hurter van Zyl van Ventersdorp. Anders as wat normaalweg verwag word, het die pitte wat die diepste (8 cm) geplant is, eerste opgekom. Die stand was ook die egalig- ste. foto’s 3a tot 3d op bladsy 56 wys ver- teenwoordigende mielieplantjies van die pitte wat onderskeidelik 2 cm, 4 cm, 6 cm en 8 cm diep geplant is.

Foto 4 toon verteenwoordigende plante se vordering ná sewe dae (op hierdie foto in omgekeerde volgorde) en foto 5 (van links vanaf die vlakste tot die diepste plantdiepte) toon die ontwikkeling ná 21 dae. Laasgenoemde plantjies is in die lengte deurgesny om te toon waar die mieliepit was.

Hoe skerper die punt is, hoe meer plek is daar vir nodale wortels om te ontwikkel en dus meer wortels om die plant te voed. Foto 6 toon koppe wat in die proewe geoes is; van links in die rye waar die pitte onderskeidelik 2 cm, 4 cm, 6 cm en 8 cm diep geplant is. Die twee koppe links is korter as die ander en die koppe het teruggetrek.

Plant te vlak

Wanneer boere oor swak opkoms kla, is dit waarskynlik omdat die saad te vlak geplant is, sê Fanie. “Dieper is beter.” Die verklaring word in die temperatuurskommeling in die grond gevind. Hy het die dag- en nagtemperature deurgaans gemeet en aangeteken.

In die boonste 2 cm van die grond was die gemiddelde minimum temperatuur 13 °C en die gemiddelde maksimum temperatuur was 30 °C; ’n verskil van 17 °C. Daarteenoor was die minimum temperatuur op 8 cm gemiddeld 23 °C en die maksimum temperatuur was 25 °C; ’n verskil van slegs 2 °C, terwyl die grond ook nooit so koud of so warm soos op ’n vlak plantdiepte was nie.

“ ’n Plant wil nie om die beurt baie warm en baie koud kry nie,” sê hy. Dit het uiteraard ’n uitwerking op die oesgrootte. Daar was ’n verskil van 1,7 ton/ha tussen die beste en swakste opbrengs in hierdie proewe.

Die opbrengs van mielies wat 2 cm diep geplant is, was 8,4 ton/ha, met ’n plantdiepte van 4 cm was dit 8,5 ton/ha, met ’n plantdiepte van 6 cm was dit 9,6 ton/ha en die plantdiepte van 8 cm het vir die beste opbrengs van 10,1 ton/ha gesorg.

Kies regte plantdiepte

Fanie sê die boer moet sy grond se temperatuur self meet om nie slegs die regte plantdiepte te kies nie, maar ook die ideale planttyd. Met planttyd mag die minimum grondtemperatuur nie onder 14 grade wees nie. Meet die temperatuur soggens met sonop wanneer die grond op sy koudste is.

As hy te vroeg plant wanneer die grond snags nog te koud word, sal die sade té stadig ontkiem. Dit gee die grondinsekte baie kans om aan die saad te peusel. Vir die vooropkoms-onkruiddoder, veral ’n grasdoder wat in die boonste 2 cm van die grond lê, is daar dan ook ’n langer tydperk om opgeneem te word en die koleoptiel te beskadig.

“Dit is hoekom grasddoderskade dikwels voorkom in nat, koel toestande. Al is daar basters wat teen onkruiddoders bestand is, rem dit die saad wanneer dit te lank in die plantsone lê.

“Die twee belangrikste punte wat hierdie proewe toon, is dat die grondtemperatuur meer konstant is wanneer saad diep geplant word. Die saad ontkiem dan vinniger en die plantjie kom gouer op,” sê Fanie.

Die punt van die plant waar die nodale wortels vorm, bied in die geval van dieper plant meer plek vir die nodale wortels om te vorm. Meer wortels beteken dat die plant meer water en plantvoedingstowwe kan opneem wat tot ’n groter opbrengs lei.

Verdere proewe gedoen

Die proewe is oor twee jaar gedoen. Die tweede jaar is dit met 30 verdere proewe in verskillende grondtipes en in verskillende distrikte opgevolg. Die resultate het oral dieselfde patroon as die vorige jaar getoon, naamlik dat ’n vlak plantdiepte die swakste opbrengste lewer, terwyl dieper plant vir die beste opbrengste sorg, sê Fanie.

“Boere kan hul eie proewe doen. Stel die planter om eers ’n ry vlak te plant en dan op verskillende dieptes. Dan kan hulle self waarneem wanneer die verskillende rye opkom en wat die uiteindelike opbrengste is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.77
-0.5%
Rand - Pond
24.57
-1.1%
Rand - Euro
21.21
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.94
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,031.64
+0.2%
Palladium
1,439.35
+0.7%
Goud
1,956.01
+0.7%
Silwer
23.27
+0.5%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,984
+0.8%
Alle aandele
77,068
+0.6%
Hulpbronne 10
68,577
+1.0%
Industriële 25
107,080
+0.8%
Finansiële 15
14,550
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot