Rubin Essakow en sy vrou, Lize, bedryf die Bonsmara-stoetery Essakov op die plaas Opraap naby Klerksdorp. Hulle boer op nagenoeg duisend hektaar wat hulle besit en nog sowat duisend hektaar wat hulle bykomend huur. Rubin is ’n geoktrooieerde rekenmeester. Sedert sy klerkskap tot as direkteur het Rubin sy geld in hul deeltydse beesboerdery belê. Danksy dié benadering – en die opbrengs van die verkope van sy aandele in ’n apteekgroep – kon hulle nog grond en beeste koop en in Desember 2020 het hy heeltyds begin boer.
Essakov Bonsmaras: Níks keer hulle om te boer
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vierde episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.