Wanneer die moederplante vrugte dra, word dit tydens feesdae aan die publiek verskaf. Louis is ’n landskapsargitek wat hom 13 jaar gelede op die plaas gevestig het. Hartwater het egter uitgebreek en die bokke het “een vir een omgekap”, sê Louis. Kobus is ’n bemarker en het lank in die korporatiewe wêreld gewerk. Hy het later sy eie onderneming bedryf, wat hy tydens die covid-19-pandemie moes sluit. Hy het ’n aandeel in die granaatplaas gekoop en hom op die plaas aangesluit. Hulle is goeie vennote omdat hul kundigheid mekaar aanvul. Louis en Kobus is ook aktiewe byeboere en het nagenoeg 100 byekaste. Van die granate en turksvye maak hulle self verskeie produkte wat van die plaas verkoop word. Hulle bied ’n maandelikse velddraf aan. As die natuur een jaar op een gebied nie “saamspeel” nie, moet jy ’n alternatiewe inkomste hê, sê Louis.
Gedugte span word nie ondergekry
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Louis Swanepoel en Kobus van Zyl vorm ’n gedugte span op hul plaas buite Cullinan. Hulle verbou granaatbome en turksvyblare.