CP en Gerda Kriek is bedryfsingenieurs wat ’n paar jaar gelede varkboere geword het. Hulle is innoverende boere en dit is dalk hul ingenieursliefde vir probleme (en om oplossings te vind) wat van hulle leierboere maak. Dit is hul doelwit om een van die beste verskaffers van puik varkvleis in Suid-Afrika te wees. Terselfdertyd wil hulle verantwoordelik met die omgewing omgaan en teruggee aan hul gemeenskap. Nuwe tegnologie en beleggings in modernisering beperk koste in die stryd na winsgewendheid. Die boerdery is naby Fochville en het kapasiteit vir 2 300 teelsôe.
Ingenieurs nou ook leierboere
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vyfde episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.