
Dié week is die Wes-Kaap in die Landbouweekliks-kollig. Ons praat met Phillip Retief, uitvoerende hoof van die wynplaas Van Loveren by Robertson. Ons kuier ook by die broers Philip en Koos Blanckenberg, twee meestersuiwelboere by Klipheuwel. Laastens besoek ons Dirk van Papendorp. Hy boer naby Swellendam op die plaas Voorstekop, wat deel vorm van die Tweekopboerdery.