
Mnr. Nick Serfontein, stigter van die Sernick-groep (middel), is Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar vir 2019. By hom staan mnr. Albert Coetzee van Rovic Leers en me. Liza Bohlmann, nasionale voorsitter van Landbouskrywers SA.
Liza Bohlmann, nasionale voorsitter van Landbouskrywers SA, gesels oor dié organisasie se jaarlikse toekenningsgeleentheid waar onder meer die Boer van die Jaar, Landboukundige van die Jaar en Nuwe Toetreder van die Jaar aangewys is.
Dié insetsel word met trots geborg deur Bayer.