
Kroon Vee, geleë naby Vryburg in Noordwes, is vandag die tuiste van die grooste wit en rooi Brahman-stoetkuddes in Suider-Afrika.
Die kuddes word heeltyd uitgebrei danksy ’n groot vraag na die diere se gene.
Die kuddes is bekend om hul goeie temperament, vrugbaarheid en aanpasbaarheid, en word bestuur deur ’n span wat klem lê op produksie, reproduksie en akkurate rekords van alle beeste.
Jan se seuns, Gideon en Jan jr., boer saam met hom.