Amy Williams boer al sowat ’n halfeeu lank met Santa Gertrudis-beeste. Sy is ’n gesogte mentor en raadgewer. Teen die mure van haar kantoor op die plaas Scotston by Barberton pryk foto’s van haar bekroonde diere. Amy is in die vroeë 1970’s met Donald (’n Suid-Afrikaner) getroud. Haar voorsate was eeue lank betrokke by beesteling, die afslaersbedryf en slagplase in Skotland. Die boerdery roem hom daarop dat sy Santa Gertrudis-stoetery funksioneel doeltreffende diere met uitstekende vleis lewer. Die landbougemeenskap van SA het haar lewe verryk, sê Amy.
Landbouweekliks: Boere van SA verryk haar lewe
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sewende episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.