Hannes Botha is die derde geslag op Fairview, naby Carolina. Hy boer saam met, maar afsonderlik van sy pa en broer. Hulle ruil toerusting en arbeid uit om koste te beperk. Die gemengde boerdery bestaan uit mielies, sojabone, saadproduksie, asook beeste en skape. Finansiële oorweging was die dryfveer wat Hannes aangespoor het om van konvensionele na herlewingslandboupraktyke oor te skakel. Hy het met die veekomponent begin en hoëdrukbeweiding toegepas. Hy sê hulle kon vinnig die voordeel sien. Deesdae is dit vir hom ’n manier van leef; ’n aansporing om dinge anders te doen.
Landbouweekliks: Dié praktyk ’n manier van leef
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tweede episode van reeks 18 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.