
Francois sê sy pa en ooms, Willem Vos en Piet Knipe, is sy grootste mentors.
Hulle het van sonop tot sononder gewerk, en dan het die tweede skof begin.
Die Vos-familie glo die dekgewasse wat hulle tussen die makadamiabome gevestig het, speel ’n deurslaggewende rol in goeie boordgesondheid, wat weer tot minder insek-skade en beter oeste lei.
Hulle doen ook proewe met nette, opleistelsels en hoëdigtheidsaanplantings.