
Ras van Pletzen boer op die plaas Modderpoort in die omgewing van Jamestown in die Oos-Kaap met Beefmaster- en Merino-stoetvee. Hy boer al byna 30 jaar lank.
Hoewel hul boerderye afsonderlik funksioneer, deel Ras, sy broer, Niel, en hul neef Diederik hulpbronne tot voordeel van al die boerderye. Die Van Pletzen-stoetery is ’n gerespekteerde naam in landboukringe. Deur gesamentlike teeldoelwitte en produksieveilings verseker die drie deurlopende uitnemendheid. Ras stel baie belang in genetika en is voorsitter van Merino SA se tegniese komitee.