
Die W. van R. Schmidt-boerdery is ’n familie-onderneming naby Hazyview in Mpumalanga waarin Ernst Schmidt en sy suster, Marietha Muller, vennote is. Die boerdery het ook belange in Mosambiek.
Hulle boer al 30 jaar lank met gemmer en deesdae ook met makadamianeute. Ernst het self ’n drogings- en ontdoppingsaanleg vir die boerdery ontwerp. Hy sê goeie verhoudinge met die gemeenskappe saam met wie hy boer, is noodsaaklik en vorm die grondslag van ’n suksesvolle ooreenkoms vir alle partye. Hy wil ook soveel moontlik werkgeleenthede skep.