
Sinelizwi Fakade bestuur nie net ’n graanboerdery naby Ugie in die Oos-Kaap, Rocky Park Farms, waarby sy hele familie betrokke is nie, maar hy is ook baie geesdriftig oor Ukhanyo Farmer Development, ’n ontwikkelingsprogram waardeur bestaans- en kleinboere gehelp word om tot op kommersiële vlak te groei.
Sinelizwi het dié program in 2019 begin. Hy het voorheen vir Graan SA gewerk. Hy het onder meer ’n honneursgraad in landboubestuur en ’n meestersgraad in voedselsekerheid. Die familie boer met mielies, sorghum, sojabone en sonneblom.