Toe Bertus Otto en sy seuns, Rudolf, Stefanus en Bertus, 20 jaar gelede die natuur toegelaat het om na die boerdery terug te keer, het ’n omwenteling op hul plaas naby Vivo in Limpopo plaasgevind. Die natuurlike veld was in topkondisie, en hulle glo alles wat nodig is vir die grond om te floreer, gebeur volgens ’n natuurlike proses. Hulle was jare lank gesertifiseer as organies, maar het intussen besluit om sintetiese middels te gebruik waar nodig. Die Otto’s produseer mango’s, waatlemoene, spanspek, pampoene, tamaties, soetrissies, ’n groot reeks babagroente en suikermielies.
Natuurlike proses laat dié boerdery floreer
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die agtste episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.