Om een keer as die SA Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys te word, is ’n prestasie. Om, soos JK Basson, drie keer (in 2021, 2017 en 2007) as Meestersuiwelboer aangewys te word, is amper ongekend. JK is aan die stuur by Ocean Breeze Holsteins naby Darling in die Wes-Kaap. Hy boer op die plaas Swartwater met beeste, skape en graan. Hy is getroud met Tania en hulle het twee kinders. Danksy strategiese vernuwing, doelgerigte teling en die benutting van topteelmateriaal is die boerdery aan die voorpunt van melkproduksie. Sy raad is om nie té bang vir besteding te wees nie.
Nét die beste is goed genoeg vir die boerdery
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die eerste episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.