Davydd Jenkins is die eienaar van Plantforum by Roodeplaat en wenner van Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2022. Sy groen vingers stop nie by groente nie en as familieboerdery lewer Plantforum eetbare blomme, blomsaailinge, kruie, ornamentele plante, mikro- en babagroente en kannabis. Hulle produseer jaarliks niks minder nie as 250 miljoen saailinge. Sy ma, Carla, het aanvanklik die boerdery begin. Davydd se broer, Dylan, is ’n vennoot. Dylan verbou koffie (en eersdaags makadamias) by Ballito. Hulle het ook ’n plaas in Tanzanië.
Noem dit en dié boer produseer dit
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sesde episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.