Wadea Jappie en haar man, Agmat Brinkhuis, is die eerste geslag boere van die Chamomileboerdery in Philippi op die Kaapse Vlakte. Saam met hul seuns, Nabeel en Tawfeeq, boer hulle met groente, kruie en lêhenne.
Die boerdery lewer jaarliks groente van meer as R1,5 miljoen aan Freshmark, die Shoprite-groep se varsprodukte-afdeling, en maandeliks sowat 28 000 dosyn eiers aan Nulaid. Dit is ’n verstommende suksesverhaal. Chamomile was nie te lank gelede nie net ’n droom van ’n opkomende boer met ’n onwrikbare visie vir die toekoms.