Ten spyte van die volgehoue droogte by Oudtshoorn behaal die puik volstruisvere van Laubscher en Jacques Coetzee se Kandrift-boerdery goeie pryse. Hulle meen verantwoordelike produksie en klem op gehalte, pleks van hoeveelheid, gaan die toekoms van die volstruisbedryf verseker. Diversifikasie binne die volstruisvertakking is ’n wenresep. Volstruisvere bly gewild onder mode-ontwerpers omdat dit feitlik niks weeg nie en glans (en soms uitspattigheid) aan uitrustings verleen. Laubscher is die vierde en Jacques die vyfde geslag wat met volstruise boer.
Puik produk ’n veer in hul hoed
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die derde episode van reeks 20 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.