Wernich Lemmer (34) is net sowat drie jaar lank in die tuig op die plaas Lemmersville by Hartbeesfontein in Noordwes, maar dié sesdegeslagboer is reeds bekroon vir sy boerderystyl: Hy is Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar 2021.
Hy is uiters geesdriftig en optimisties oor die toekoms van die landbou. Wernich sê dit voel of al hoe meer jong mense die landbou as ’n beroep oorweeg. Vir hom is dit die belangrikste om as rentmeester en in sy geloof geanker te bly. Die familieboerdery bestaan uit 80% mielieproduksie en 20% beesproduksie.