Zippo Lamprecht bou al bykans die helfte van sy lewe aan die bekroonde Bloodline Boran-kudde, en hy is nou skaars 31 jaar oud. Hy boer op die plaas Mijnhartsrus, suidoos van Dewetsdorp in die Vrystaat. Hy teel van die beste beeste in Suid-Afrika en sy stoetery is al aangewys as die Kudde van die Jaar. Zippo boer by uitstek saam met die natuur en dit werp elke jaar vrugte af. Op vyfjarige ouderdom het sy pa, Adriaan, sy eerste bees vir Zippo gegee en op 14 het hy sy eerste Boran gekoop. Hy handhaaf sterk biologiese sekerheid en sal nie sommer enige dier koop nie.
Ritme van die natuur belangrik
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Landbouweekliks kuier vandeesweek by Zippo Lamprecht by Dewetsdorp in die Vrystaat.