Lukas Burger is ’n Boerbok-teler van Griekwastad in die Noord-Kaap en hy ryg die een ná die ander rekordprys vir sy kampioen-Boerbokke in. Hy is op die plaas Rietfontein gebore en getoë. Vandag boer hy en Riekie de Witt, en twee van Lukas se vier kinders op afsonderlike plase in die gebied, maar saam as een onderneming. Almal is geesdriftig oor die teling van gehaltediere (beeste, skape én Boerbokke). Die boerdery word bedryf op plase van 28 000 ha en daar is 800 Boerbok- ooie. Van hul bokke se nasate loop in Amerika, Brasilië, China, Australië en dele van Europa.
Strewe na gehalte sorg vir puik gene
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die agtste episode van reeks 19 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.