
Mnr. Bernard Rabé. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Bernard Rabé boer in die distrik Fochville in Gauteng. Nog ’n deel van sy grond is in Noordwes. Hy wissel droëlandmielies en sojabone af in ’n stelsel van twee jaar mielies en dan sojabone op ’n land.
Die saaiery is ten volle op presisieboerdery ingestel om winsgewendheid te verhoog. Hy pas bewaringsboerdery op 80% van sy lande toe deur geen- of verminderde bewerking. Hy boer ook met ’n kommersiële Bonsmara-kudde. Bernard was verlede jaar ’n finalis in Graan SA se kompetisie vir Graanprodusent van die Jaar.