Dié organiseerder kan ook verstel word en pas oor die meeste rathefbome van voertuigmodelle. Daar is verskillende sakke aan albei kante van die ratte. Die sakke is gemaak van skeurvrye (ripstop) materiaal vir duursaamheid en om die tawwe toestande van die plaaslewe te kan deurstaan.
Die organiseerder het vier sakkies – met twee wat van net gemaak is – aan die een kant vir kleiner artikels waarin jou selfoon, penne of ’n waterbottel gebêre kan word.
Die groter enkele sak aan die ander kant is nuttig vir kaarte, tydskrifte of jou verkyker. Die organiseerder kan maklik volgens die beenlengte van die bestuurder geskuif word.