Luidens die verspreider moet die braaimeester bloot ’n blikkie bier oopmaak, een derde daarvan geniet en die blikkie op die rooster neersit. Die hoender word dan wydsbeen op die blikkie geplaas en kan in ’n ketelbraai, gasbraaier of oond gebraai word vir 1½ uur.
Daarna kan die gaste glo die smaaklikste en sappigste gebraaide hoender geniet. Saam met die roosters, wat in enkel- of dubbelformaat beskikbaar is, kom daar ’n resepteboek.
PRYS: R299 (dubbel)