Selfs toe hy in Uruguay gebly het, was Leonard Droomer, ’n buitestander met ’n ander taal en kultuur, altyd die braaier. “Ek was seker so tien jaar oud toe ek die eerste keer iets eetbaar gebraai het.
Voor dit het ek net goed verkool!” vertel dié vrugteboer van die plaas Rouzelle langs die Breërivier, terwyl hy ’n pannetjie met gerookte kaas by die vuur posisioneer. Langsaan prut kersietamaties, knoffel, uie, olyfolie en balsamiese asyn in ’n groter pan.
Later word dié twee saam met ’n lepel vol chimichurri op geroosterde ciabatta bedien. Sy pa, Eric, het vir ’n bosboumaatskappy in Uruguay gewerk en tot Leonard 15 jaar oud was, het die gesin daar gewoon.