Hy is Mei vanjaar op 74 aan kanker oorlede. Fred was ’n besonderse mens met ’n besonderse talent as kunstenaar en een van daardie mense wat ’n mens werklik as onmisbaar kan beskryf, sê Chris Burgess.
“Jy kan die redakteur van ’n tydskrif vervang, maar nie iemand soos Fred nie.” Fred het in 1974 by T.O. Honiball as spotprenttekenaar oorgeneem. Soos T.O. het Fred ook aanvanklik bekendheid verwerf vir sy politieke spotprente in veral Die Burger.
Hy het tegniese tekeninge aan die voormalige Kaapse Technikon bestudeer, maar het ook talle illustrasies vir storieboeke en realistiese tekeninge gedoen. Burgess beskryf Fred as ’n unieke mens wat nie net briljant was in sy werk nie, maar ook ure lank as ’n kok van formaat oor braaivleisgeregte kon gesels, braai en ’n glasie whisky geniet. “