Sy staan aan die stuur van Elana’s Ingemaakte Produkte, wat verlede jaar ’n nuwe, groter fabriek geopen het.
Ek het sorgelose kinderjare op ’n plaas by Herbertsdale in die Suid-Kaap deurgebring. My familie aan albei kante is al die afgelope eeu en langer boere. My ma en oumas was altyd betrokke by die omgewing se vrouelandbouvereniging (VLV), Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) en kerkbasare.
Op ons plaas was daar altyd vrugtebome en feitlik alles is verwerk tot konfyt, ingemaakte vrugte, koeldranke en ietsie soets vir die spens. Ek en Jaco Bruwer is in 1996 getroud. Ons boer hoofsaaklik met inmaakperskes, appelkose en druiwe op Drie Eike.