Toe die Springbokke in 1976 teen die All Blacks gespeel het, is ’n innoverende plan in die Vrystaat bedink om die wedstryde op televisie te kyk.
Een van die belangrikste eienskappe wat ’n suksesvolle boer kan hê, is goeie kontakte. As jy nie self meer weet nie, sal daar ’n ander boer wees wat wél weet. Op ’n buurdorp bly daar ’n man wat alles onder die son weet van Case-stropers.
As jy oestyd moedeloos op die land staan met jou stroper se nukke, bel jy hom en hy sal telefonies vir jou diagnoseer wat die probleem is en hoe om dit reg te maak.