Die destydse eerste minister dr. H.F. Verwoerd het televisie met atoombomme en giftige gasse vergelyk en was van mening dat hoewel dit “modern” is, dit nie noodwendig “wenslik” is nie.
Sy destydse minister van pos- en telegraafwese, dr. Albert Hertzog, het hom ondersteun en aangevoer dat ingevoerde beeldmateriaal gemengde rasseverhoudings gaan propageer en dat dit uiteindelik ’n verrottende impak op die moreel van die volk sou hê.
Die nuwe medium is gevolglik as die duiwel se eie swartkas afgemaak waarmee kommunisme en immoraliteit aangeblaas sou word. Toe Neil Armstrong in 1969 sy giant leap op die maan gegee het, was Suid-Afrika een van die min lande wat nie regstreeks kon sien hoe hy dit doen nie.