Dis genoem na haar familieplaas in Namibië en bestaan uit die Four Post-reeks van vier wyne (Semillon/Sauvignon blanc; Shiraz; Kaapse versnit; en Semillon/Malbec-versnit).
Die druiwe kom hoofsaaklik uit die Piekenierskloof in die Wes-Kaap (langs die N7, wat ook die Wes-Kaap met Namibië verbind).
Die etikette beeld iets van Namibië se plaaslewe uit. As jy ’n passie vir dié buurland het, kry ’n bottel of twee vir jou versameling.