As die jongspan verveeld lyk met jou musieksmaak, kan julle om die beurt jul liedjies speel, en hul musiek van ’n USB-stafie aflaai – dié toestel kan albei hanteer.
Jy kan, deur die draaitafel met jou rekenaar te koppel, selfs van jou gunstelingmusiek vir hulle op die USB-stafie aflaai – met daai lieflike vinielkrapgeluide en al!
Die draaitafel kan teen 33 of 44 revolusies per minuut draai, dus kan selfs ou solus-seweplate weer tot hul reg kom. Jy kan jou plate deur die TV, rekenaar of enige ander moderne klanktoestel se luidsprekers speel deur dit eenvoudig aan die draaitafel te koppel.