Me. Eilidh Ogden van Skotland het vroeg in Julie in Kaapstad aangekom nadat sy sedert Januarie vir ses maande alleen van Kaïro, Egipte, op haar fiets gery het. Haar deursettingsvermoë, durf en moed om dié avontuur aan te pak, is ongelooflik!
Sy het langs die pad gekamp of in goedkoop hostelle oornag. En toe wonder ek oor haar ete en drinke, en my onthou loop tot by Elia onder die besembos. Dít na sy vlug van Isébel. “En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly, maar self het hy ’n dagreis ver die woestyn ingegaan . . .”
’n Dagreis is die afstand wat ’n mens in een dag kan aflê. Te voet miskien 30 km. Op ’n fiets moontlik 100 km. Of met ’n motor dalk 800 km. Maar by jou werk is daar ook ’n dagreis.