Al die voorbereiding ter wêreld maak dit nie makliker om hierdie tydperk waarin ons ouers oud geword het, in te gaan nie. ’n Rol wat ons nie wil speel. Te gou en te vinnig. En te moeilik om skielik die besluite te moet neem waarvoor hulle vir jare verantwoordelik en in beheer van was.
Prediker sê dus met goeie rede ons moet die goeie in die lewe saam met geliefdes vier. Geleenthede om vir mekaar te wys ons geniet en waardeer mekaar, mag nie sommer verbyglip nie. Skielik is dit in ons generasie dat ons ouerhuise oppak.
’n Bittersoet ervaring, maar meesal met die troos en wete dat daar nog ’n laaste kuierplek oor is. Soms ’n woonstel, maar vir party net ’n kamer. Maar darem nog ’n bymekaarkomplek.