Die kultivar is relatief onbekend in Suid-Afrika, en is in Duitsland ontwikkel uit ’n kruising van die Muscat d’Alexandrie- en Frankenthal-wingerd.
Stellenbosch Hills is een van net twee kommersiële Muscat de Hambourg-produsente in Suid-Afrika, en die enigste een wat dit as ’n enkelkultivar botteleer.
Die wingerd is oorspronklik in 1987 aangeplant en in 2001 vervang. Dit is kleiner as 1 hektaar. Verwag kersie- en bessiegeure, ’n titsel Turkse lekkers en soet speserye van die Jerepigo-styl wyn.