By dié oulike padstal met sy kindervriendelike buite-area kan jy aan die allerbeste varkvleis smul en selfs saamneem huis toe neem vir later.
Destyds het Lance Luffingham, huidige eienaar van die Pig & Plough-padstal, se oupa Geoffrey gehelp om ’n boomlaning op Winterton aan te plant toe hy in 1936 besluit het om die familie se varkboerdery daar te vestig.
Die boerdery het gegroei van ’n nederige begin waar Geoffrey saam met sy varke na die Winterton-stasie moes stap om hulle na die spekfabriek op Estcourt te stuur. Die varke is so ver as Kaapstad verkoop en die familie is as baanbrekers beskou met langafstand-verkope.