Vertel meer van Ruah se produkte.
Ons verskaf ’n reeks lyfprodukte wat met ons eie vlugtige olies verryk is. Die organiese roosmaryn en laventel word op die plaas verbou en gedistilleer. Ons bied ook produkte uit die plaaskombuis, soos kruie-olies en -asyn en handgemaakte artikels (byvoorbeeld kruiesakkies en kerse) vir die huis. Dit is ’n eg Suid-Afrikaanse onderneming, geskoei op ons liefde vir Afrikaanse digkuns, kruie en vrouwees.
Wat beteken die naam Ruah?