Ons vervaardig ons eie klerereeks, asook produkte van egte leer hier op Worcester. Al ons produkte word met die hand gemaak en is eg Suid-Afrikaans. Die leerreeks sluit skoene, handsakke en gordels in. Hoewel ons hoofsaaklik op vroue konsentreer, maak ons ook manskoene.
Ek is ’n eintlik ’n skoonheidsterapeut wat 15 jaar lank my salonne gehad het. My seun moes ses jaar gelede gaan studeer en ek het gebid vir ’n groter inkomste.
Hierdie wonderlike geleentheid het oor my pad gekom, al het ek niks van skoenmakery geweet nie. Ek het ’n man ontmoet wat eers vir my die skoene gemaak het en daarna het ons ons eie skoene begin maak.