Verdun is nagenoeg 52 km buite Brandvlei in die Boesmanland geleë. Ons maak ’n verskeidenheid produkte, waaronder veertien soorte konfyt (soos appelkoos-, aarbei-, bloubessie- en kweperkonfyt en makataanstukke) en sewentien verskillende slaaie, soos sousboontjies, kerriegroenboontjies, soetsuur-agurkies, kerriekomkommerslaai, ingelegde kwepers en verskeie soorte blatjang.
Dan bak ek ook kleinkoekies (soetkoekies, gemmer-, klapper- en vlakoekies), hertzoggies en kolwyntjies wat Uit-die-Koekieblik genoem word om die twee produkte aanmekaar te verbind.
Ek lewer die kleinkoekies net op bestelling en die hertzoggies en kolwyntjies aan twee sake-ondernemings op Brandvlei. Die kleinkoekies bak ek vir die markte op Calvinia.