Simon van Blerk, produksiebestuurder op Newgro, een van die plase in dié boerdery, vertel meer oor dié somergewasse.
Ons plant elke jaar sowat 12 ha waatlemoen, hoofsaaklik die Carmen-kultivar wat groot, soet vrugte met ’n donker skil oplewer, en Sensei, ’n kultivar wat vroeg ryp word. Ons roteer ons lande en plant net elke vierde jaar op dieselfde grond.
Die provinsie se warm, droë klimaat is ideaal vir waatlemoene.