In Bremen, Wes-Duitsland, is ’n bronsbeeld van die Stadtmusikante na die verhaal van die donkie, die hond, die kat en die haan wat een nag in die provinsie Sleeswyk-Holstein met hul musiek ’n rowerbende uit ’n huis verjaag en toe hul intrek daarin geneem het.
Op Louwshoek, plaas van mnr. en mev. Louw du Toit by Rawsonville, is daar ook ’n haan, ’n kat, ’n hond en, in die plek van die donkie, ’n perd. In die geval van bedreiging sal dié vier waarskynlik ook saamstaan, maar daar skort nog ’n bietjie eensgesindheid, veral aan die kant van die haan.